Vir baie jare in die na 1994 verkiesingstydperk van die land se geskiedenis was een van die gewildste sê-goed, veral onder diegene wat emosionele propagandiste van die nuwe bestel was, dat Blanke Suid-Afrikaners sal moet oorleef deur "hulself onmisbaar te maak." (Andere wat baie lief wees vir hierdie se-ding, was ons groot Afrikaner ringkoppe in AfriForum. Maar natuurlik, hulle het nou-weer institusionele belange gehad om dit waar te maak, en daarmee saam miljoene rande se “skenkings” van vreesbevange Wit Suid-Afrikaners.).
In kort; Blanke Suid-Afrikaners sou oorleef te midde van rasse diskriminasie teen hulle deur onmisbare vaardighede op ongelooflik vindingryke wyse na die werksplek te bring. Basies sodat dit onmoontlik sou gewees het lm sonder hulle klaar te kom.
Dit was ʼn sê-ding wag my van die begin af ongelooflik omgekrap het, want dit impliseer die gelegitimeerde aanvaarding van die reg tot diskriminasie. In ʼn stelsel van gelykwaardigheid en gelyke kanse behoort daar nie van my verwag te word om my self onmisbaar te maak nie; slegs maar om kompeterend mededingend te wees. En ʼn tweede rede: Die sê-ding op sigself is doodgewoon banale aantasting van my regte as ʼn gelyke landsburger.
In ʼn stelsel van gelykwaardigheid en gelyke kanse behoort daar nie van my verwag te word om my self onmisbaar te maak nie; slegs maar om kompeterend meedingend te wees. En ʼn tweede rede: Die sêding op sigself is doodgewoon banale aantasting van my waardigheid as ʼn persoon en ʼn gelyke landsburger.
Wel, dit was toe in elk geval ook nie die waarheid gewees nie. Honderde duisende Blanke Suid-Afrikaners met "onmisbare" vaardigheid is eers uit die munisipaliteite, toe die Staatsdiens, toe die staatsbeheerde ondernemings en nou die privaatsektor weggejaag, ongeag hulle "onvervangbare vaardighede."
Onvervangbare kundigheid was verlore, en onskatbare institusioneel geheue is gedreineer. Munisipaliteite, die staatsdiens, elektrisiteit, basiese dienste, opleiding, gesondheid en infrastruktuur het kn duie gestort. Maar die minagting vir "onmisbare vaardighede" het net toegeneem.
Dit moet erken word dat, jn die periode net na 1994 was daar ʼn "oorgangstydperk" gewees, waartydens vaardighede wel, tesame met "potensiaal" tot ʼn mate geag was. Daar was ʼn mengsel van regstellende aksie en behoud van ervaring. Hierdie tydperk het geduur tot so in die jaar 2000. Toe was die skroewe aangedraai.
Maar selfs gedurende hierdie tydperk was geweldige skade aangerig, veral in plaalike regering, waar dit ʼn suiweringsproses van die "agente van die vorige regering "was van noemenswaardige omvang.
Daarna was dit basies "uit met die oue, in met die nuwe."
Hierdie "potensiaal" - ding van die 1990's was vernietigend. Kundigheid was vervang met kaders in die naam van "potensiaal". Potensiaal se pilare was akademiese kwalifikasies en regstellende aksie. Later het ideologie bygekom en totaal oorgeneem.
Instellings word gebou op ervaring en die werksplek-gebaseerde organisatoriese geheue. Geen kwalifikasie van enigste akademiese instelling het nog ooit die effektiwiteit van staatsinstellings behoue kan bly of verbeter nie. Op die beste ontwikkel dit bestuurders se konseptuele en besluitnemingsvermoëns.
Daardie jare, en (ek skat vandag nog) was daar ʼn gewilde sê-ding, naamlik dat “niemand onmisbaar is nie.” Ek het uitgevind dat mense (vaardighede) wel onmisbaar is. Miskien nie een-op-een nie, maar as daardie een-vir-een ʼn stroom word, voordat institusionele kennis en vaardighede oorgedra kon word (of, in Suid-Afrika se geval, miskien juis omdat daar geen begeerte by die nuweling was om die geheue van die verstotelinge op te neem nie), word dit duidelik dat die mense met kennis en vaardighede wel ʼn verskil maak. Reuse verskil; met elkeen wat weggegaan het, het ʼn klein ratjie in die reuse masjien wat openbare dienste effektief en doeltreffend moes produseer tot stilstand gekom. Deel-vir-deel het die masjien begin ingee.
Comments