top of page

Ek verwerp transformasie. Punt.

Ek ondersteun nie transformasie nie.

Die sê-ding wat baie algemeen is, is iets soos: “Ons ondersteun nie Swart Ekonomiese Bemagtiging, met rigiede ras- teikens nie, maar ons ondersteun wel die regstelling van die ongeregtighede van die verlede.” (Die aanhaling is self-gemaak, en slegs ʼn voorbeeld). Selfs die sogenaamde “konserwatiewe stemme” in die land se breër sosiaal-politieke omgewing, soos die Vryheidsfront Plus, Solidariteit en AfriForum, maak baie gereeld (om die waarheid te sê, deurlopend) hierdie tipe opmerkings.

Ek stem nie saam nie. Ek ondersteun nie hierdie sentiment nie.

Laat ek die konteks regtrek: Ek ondersteun nie transformasie, soos dit in Suid-Afrika toegepas, en as die aanvaarde narratief bewoord word nie.

Die aanvaarde moralistiese norm wat transformasie, soos toegepas in Suid-Afrika, ten grondslag lê, is dat diskriminasie teen Blanke Suid-Afrika noodsaaklik is om die diskriminasie teen nie-Blanke Suid-Afrikaners oor baie eeue, en spesifiek gedurende Apartheid, ongedaan te maak.

Die ding is net: Dit is nie wat in Suid-Afrika gebeur het sedert 1994 nie. Wat wel gebeur het, was dat ʼn klein groepie regerende elite die herverdeling van die land se hulpbronne deur die gebruik van staatsmag afgedwing het, maar dat bitter min daarvan by Swart Suid-Afrikaners in armoede vasgevang, uitgekom het. Nie omdat Blanke Suid-Afrikaners dit verhoed het nie, maar omdat die regerende elite, die tenderpreneurs en die ontplooide kaders, dit gesteel en gemonopoliseer het.

Daar was suksesse vir die ANC oor die laaste 30 jaar. Moenie ʼn fout maak nie. Na my mening, was van die grootsste prestasies daarvan, die herstel van die menswaardigheid van Swart Suid-Afrikaners, die vestiging van ʼn Swart middelklas, en die uitrol van basies dienste soos water en elektrisiteit na die meerheid van die land se bevolking. Maar, behalwe daarvoor, was daar nie veel positiewe om van te praat nie.

Onderwys is in gemors; gesondheid gaan vinnig agteruit. Suid-Afrika is gereeld onderaan, of baie na aan onderaan, internasionale ranglyste vir geletterheid en syferkundigheid. Wat oorgebly het van goeie skole met gekwalifiseerde onderwysers, word gesien as “rassistiese instellings wat weier om te transformeer”, en is onder geweldige aanval.

Universiteite het sentrums van transformasie geword, fanaties oor taalbeleid en die marginalisering van Afrikaans; gedring deur die ras van studente en lektore, met min belangstelling in akademiese standaarde. Gesiene, gerespekteerde akademici was deur die jare uitforseer oor sogenaamde, onbewyste, en onbewysbare “rassisme”. Daar is eindelose gevegte vir beheer oor senior posisies in hierdie instellings, terwyl die administrasie daarvan in algehele verval is, en studente sukkel om toegang te kry tot betekenisvolle akademiese ondersteuningstelsels.

 Op ʼn stadium, voor 1994, was Suid-Afrika gerekend as ʼn internasionale leier in die veld van gesondheid. Nou staan ons op die rand van ʼn totaal gesondheidsramp, bekend as die Nasionale Gesondheid Versekering. Staatshospitale is in ʼn toestand van algehele verval. Die verval gaan nou op die private gesondheidsektor afgedwing word.

Munisipaliteite is in... wel, in ʼn reuse “pothole”. Hulpbronne word opgesteel. Die onbekwaamheid is om van te huil.

Natuurlik was daar diskriminasie teen Swart Suid-Afrikaners onder apartheid. Dit word wyd algemeen erken, en verskaf die rasionaal vir transformasie. Natuurlik is daar diskriminasie teen Blanke Suid-Afrikaners na 1994. Dit word ontken, en debat daaroor word onderdruk.

Daar is meer as 350 stukke wetgewing wat spesifiek voorsiening maak vir diskriminasie teen Blanke Suid-Afrikaners. Dit is meer as die aantal wette voor 1994 wat voorsiening gemaak het vir diskriminasie teen Swart Suid-Afrikaners.

Daar word voorgegee in Suid-Afrika dat die diskriminasie sedert 1994 geen werklike, wesenlike invloed op die lewens van Blanke Suid-Afrikaners gehad het nie. Wel, hier is die werklikheid: Derduisende Wit Suid-Afrikaners het vasgevang gesit in loopbane met geen hoop op betekenisvolle bevordering nie. Hulle het bloot gewag vir aftrede. Dit is frustrerende en uiters vernederend. Dit was diegene wat nog gelukkig was. Duisende meer is uitgedwing uit hulle poste, waarin hulle, oor die algemeen, baie effektief en doeltreffend was. En, op die uiterste punt van die skaal, was hulle werkloos gelaat omdat hulle moes plek maak vir nie-Blanke Suid-Afrikaners. Iets wat opsetlik misken word, is die enorme toename in Blanke armoede sedert 1994, die uitkring van Blanke plakkerskampe. En diegene wat daarin vasgevang is, kry geen staatsondersteuning nie, want hulle is Wit.

Blanke jongmense moet onmoontlike akademiese prestasies behaal, bloot om toegang te verkry tot gesogte akademiese opleiding, waarvoor hulle in werklikheid, in ʼn niediskriminerende gemeenskap, met gemak behoort te kwalifiseer. Dit terwyl ander rassegroepe met veel indrukwekkende akademiese prestasies voorkry gekry het. In sekere opleidingsvelde word Blanke Suid-Afrikaners algeheel uitgesluit van geleenthede om as spesialiste opgelei te word.

Blanke Suid-Afrikaners se kulturele goedere word opsetlik vernietig, en die groep (maar dan spesifiek Afrikaners) word openlik, en sonder skaamte, geteiken vir marginalisering.

Ek sou nie ʼn probleem gehad het daarmee indien daar ʼn progressiewe aanpassing van die Suid-Afrikaanse ekonomie en gemeenskap was na 1994, gerig daarop om duidelik gemarginaliseerde gemeenskappe (lees: Swart Suid-Afrikaners) in te bring in die hoofstroom ekonomie en gemeenskap van Suid-Afrika nie. Dit moes noodwendig prioritisering van hierdie groepe in die toekenning van beperkte geleenthede vir self0-bevodering ingesluit het.

Maar dit was nie wat gebeur het nie. Wat transformasie ons gebring het, was blatante en gruwelik diskriminasie teen Blanke Suid-Afrikaners. Wat dit na die land gebring het, was ʼn omgelooflik korrupte en onbekwame regerende elite wat vir niemand ʼn snars omgee nie; behalwe vir hulself.

Veel meer sou bereik kon word indien Blanke Suid-Afrikaanse sakemanne en entrepreneurs in vrede gelaat was om aan te gaan met hulle besighede, en, in die proses werksgeleenthede en welvaart te skep. Maar, nee, hulle moes gedwing word om minstens die helfte van hierdie besighede weg te gee, net om dit vir hulle moontlik te maak in ʼn mate besigheid te kan doen. Finansiële ondersteuning was weggeruk van Blanke sakemanne, en eensydig gekanaliseer na Swart Suid-Afrikaner alleen. Dit was doodeenvoudig net nie meer die moeite werd nie; hulle het moed opgegee, of geïmmigreer (waar hulle, onder andere, van die rykste mense te wêreld geword het).

So, as jy verwys na die "regstelling van die diskriminasie van die verlede", is my eerste vraag: Watter disrkinasie: Voor 1994 or na 1994?

So, ek is nie gekant teen regstellende aksie en Swart Ekonomiese Ontwikkeling, maar ten gunste van die “regstelling van die onregte van die verlede” nie. "Regstelling van die foute van die verlede" beteken diskrimiasie teen my; nie ontwikkeling nie. Ek is gekant teen Transformasie, soos dit in Suid-Afrika toegepas word. Punt.

Comentarios


bottom of page