Suid-Afrika is groei (en goed daarmee) om vir Israel te preek oor moralisme, en vir die VSA oor menseregte, en vir Duitsland oor die land se rol en die Israel / Hamas oorlog.
Hoekom gebruik die SA regering nie eerder sy ty den geld om sy eie mense en land te ontwikkel nie?
Kom ons oorweeg vir ʼn oomblik die behoefte aan ontwikkeling deur ʼn vergelyking te tref tussen Suid-Afrika, die lande waarvan dit hou, en die lande waarvan dit nie hou nie.
Kom ons begin met Bruto Binnelandse Produk.
Bruto Binnelandse Produk
As jy die vergelykende statistiek bestudeer, maak dit perfekte sin waarom Suid-Afrika se ekonomie in duie stort. Ek bedoel, ons het net die regte vriende:
Die mees suksesvolle ekonomieë in die wêreld is onder die lande wat die Suid-Afrikaanse regering as sy antagoniste geïdentifiseer het. Ek bedoel, dit is nou as jy verby die nonsens kyk van "ons is onverbonde", en "Amerika is ons vriend." Indien jy wil sien hoe “vriendelik” die Suid-Afrikaanse regerende party teenoor die VSA (en die Weste in die algemeen) is, gaan kyk na die ANC se politieke manifeste oor die jare.
Indien jy die BBPs van die lande wat Suid-Afrika as antagonisties beskou bymekaar tel, is dit US$36,184 triljoen per jaar. Die van ons protagoniste is slegs $21,700 triljoen. (Jy kan die Brics lande nie bloot bymekaar gooi en dit met die G7 vergelyk nie, want 'minstens een land in Brics met 'n reuse ekonomie, naamlik Indië, is beslis geen vriend van Sjina nie, maar wel toenemend 'n vriend en bondgenoot van die Weste. Wat meer is, Indië is Israel onmiskenbaar goedgesind. 'n Ander, Argentienië, het sy aansoek om lidmaatskap teruggetrek).
Kom ons kyk na BBP per capita; dit is, die bedrag beskikbaar (die welvaart gegenereer vir persoon per jaar deur die ekonomie).
BBP per capita
Die Westerse lande bied veel meer welvaart aan sy bevolking as die van Suid-Afrika se vriende. Selfs al sou die ongelykhede in die kapiatlistiese Westerse lande bereken word, sou 90% van die armstes in hierdie gemeenskappe steeds welvarender wees as die mediaan van die algemene bevolking in Suid-Afrika se vriende. Die Gini-coefficient in Sjina is 0,467. In die VSA is dit 0,47.
Gemeet in enige uitdrukking, het die state wat Suid-Afrika verag daarin geslaag om veel meer welvaart vir hulle inwoners te skep as die land se internasionale vriende.
Die argument oor ongelykhede is ongeldig en blote ideologiese retoriek. Ek bedoel, wat dit nie juis gedurende 'n konferensie oor transformasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2023 wat dit gestel was dat 'n aanduider van die gebrek van transformasie in SA die feit is dat daar "te min Swart miljoenêrs" in die land geskep was sedert 1994 nie (maw, nie gelykheid nie, maar veel meer eensydige oordadige rykdom vir 'n klein groepie - en hierdie moenie waarde-toevoegende, addisionele rykdom wees nie, maar die rykdom oor-verplig van Blanke Suid-Afrikaners).
Handelvennote
Die Suid-Afrikaanse regering is gou om aan te voer dat Sjina die land se vernaamste handelsvennoot is in berdidiging van hulle vervreemding van die VSA en ander Westerse lande. Tegnies is dit waar, maar in ekonomiese terme is die werklikheid dat Suid-Afrika veel meer van Sjina af invoer as wat na die land toe uitgevoer word. Die vernaamste Westerse lande, daarenteen, is presies die teenoorgestelde.
Maar nou-ja, ons het so 'n briljante regering wat so in ʼn ideologiese verwysingsraamwerk vasgevang is, dat die waarheid (en werklikheid skaars saak maak). Laat ons maar die lande wat ons sukkelende ekonomie darem nog aan die gang hou vervreem; in die wêreld van ideologie sal die toekomstige geherstruktureerde wêreldorde, as Sjina, Rusland en Suid-Afrika sal domineer, meer as opmaak daarvoor. (In die realiteit, natuurlik, is ons nog minstens 'n leeftyd weg so 'n scenario - indien dit ooit werklikheid sal word).
En so ploeter ons voort in die wêreld van Ideologie en Kamerade, vasgevang iewers tussen die 1960s en 70s se dominasie deur die Sowjetunie en die tyd van dominasie deur Sjina wat nog nie bestaan nie. En ons verval in eelende.
Image source: 123RF
Comments